Louis Krüger is 25 Oktober 1955 in Upington langs die Oranjerivier gebore. Hy studeer Teologie en Afrikaans-Nederlands aan Universiteit Stellenbosch.
In 1984 verhuis hy na Nederland waar hy as predikant van die Gereformeerde kerk in die gemeentes in Nieuwlande en Sliedrecht werk. Sedert 1994 is hy as skipperspredikant verbonde aan die Koningskerk Rotterdam-Feyenoord.
Louis Krüger se eerste boek, Die skerpskutter
(1981) is met die Eugène Maraisprys bekroon. 'n Basis
oorkant die grens (1984) handel oor die oorlog in die
voormalige Rhodesië. Jeugverhale is Murasie in die stad,
Donkerboskind en Son op die water.
Donkerboskind en Son op die water (De
zon op het water) is in Nederlands vertaal, terwyl die skrywer
self Gevaarlike land (Gevaarlijk Land) en Herinnering
aan Agnes (Agnes) en Wederkoms in
Nederlands vertaal/ herskryf het.