Louis Krüger
Welkom

Louis Krüger

Louis Krüger is 25 Oktober 1955 in Upington langs die Oranjerivier gebore. Hy studeer Teologie en Afrikaans-Nederlands aan Universiteit Stellenbosch.

In 1984 verhuis hy na Nederland waar hy as predikant van die Gereformeerde kerk in die gemeentes in Nieuwlande en Sliedrecht werk. Sedert 1994 is hy as skipperspredikant verbonde aan die Koningskerk Rotterdam-Feyenoord.

Louis Krüger se eerste boek, Die skerpskutter (1981) is met die Eugène Maraisprys bekroon. 'n Basis oorkant die grens (1984) handel oor die oorlog in die voormalige Rhodesië. Jeugverhale is Murasie in die stad, Donkerboskind en Son op die water.
Donkerboskind en Son op die water (De zon op het water) is in Nederlands vertaal, terwyl die skrywer self Gevaarlike land (Gevaarlijk Land) en Herinnering aan Agnes (Agnes) en Wederkoms in Nederlands vertaal/ herskryf het.


Boeke/n
  • Afrikaans
  • Nederlands
  • Werkstuk maak?
  • Download hier die Katern!